Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

Sept/Oct 2025
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

EERSTE SÊ

NATANIËL SÊ

ons wêreld

JULLE SÊ • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT

Shudu Van Ha-Masia na Manhattan • Van ’n skaam dogtertjie in plattelandse Limpopo tot Mej. SA en ’n vegter vir vroueregte op van die wêreld se grootste verhoë. Dit lyk of niks Shudu Musida kan terughou nie. Haar storie het maar pas begin . . .

JANIE WEER OP TV • Toe en nou. Almal onthou die energieke aanbieder van die tienerprogram Teletien in die tagtigs. Nou op 63, veertig jaar later, is Janie du Plessis weer op die kassie as die splinternuwe aanbieder van kykNET se werklikheidsreeks In die sop. Sy is op ’n goeie plek in haar lewe

Marion DIE WAARNEMER • Sy hou van ’n goeie koppie koffie – swart, sonder suiker. Maar is nie te grênd vir kitskoffie nie, daarmee het sy grootgeword. Byna vier dekades al laat aktrise, skrywer en komediant Marion Holm die wêreld lag . . . wel soms met ’n traan

Sywen! JENNICA MARAIS • Kleintyd al het SARIE-voorblaaie haar bekoor. Toe, op 26, sê sy self ja! vir die uitdaging. Ontmoet Jennica Marais, oudioloog en vryskut-fotograaf van Durbanville. Werk oorsee het gewink, maar sy't besluit: Hier in SA wil sy bly

Sywen! LEE-SHAY ALEXANDER • Die eens skaam meisie – nou met 16 000+ TikTok-volgelinge – het ’n kans gevat en ingeskryf! En kyk hoe is die jong skoonheids- en modemal Lee-Shay Alexander van die Goudveld-Hoërskool in Welkom beloon

ONS FINALISTE • Uit honderde inskrywings van oor die land heen, was daar uiteindelik die Top-7. Vroue van verskillende ouderdomme en in verskillende fases van hul lewe. Maar almal met die wens om iets nuuts te probeer, hul grense te verskuif en hul ruimte te vul. Om te sê: #EkIsGenoeg! Dit ís hulle, en meer. Ontmoet ons vyf finaliste

JY IS JOU EIE STYL • Dis die seisoen van individualiteit. Jy volg nie trends nie, maar luister na jou hart en meng en pas na willekeur – jou klere sê wie jý is

modedinge

bederfprodukte Luuks

VOORBLAD mooi • Hare gesond en blink. Vel vars en natuurlik. Vol lippe. Oë wat sprankel. Dís hoe mooimaak vir ’n voorblad lyk. Nie om weg te steek nie, maar die beste van elke gesig te vier. Só is ons twee wenners, Jennica Marais & Lee-Shay Alexander, voorbladgereed gemaak

LANGER Jonger JOU VIR-ALTYD-PLAN • ’n Prentjieperfekte vel is binne elkeen se bereik. Hier deel die Isa Carstens Akademie jou aksieplan in 7 stappe

DÁNS! Dis goed vir jou • Wanneer sy die dansvloer betree, word alles binne die SA Latynse danskampioen Marijke Bezuidenhout wakker. En al is dit soms bloedsweet tydens kompetisies, kan sy nie daarsonder nie. Dis goed vir jou kop, jou lyf en jou psige – of jy professioneel of ’n beginner is

MOENIE ESTROGEEN SE ROL ONDERSKAT • Noem die menopouse en jy dink aan estrogeenvlakke wat boomskraap is. Dis ’n veeldoelige wonder met ’n effek op jou voortplantingstelsel tot jou brein, bene, vel, hart en selfs jou bui. Ons besef nie hoe noodsaaklik dit is nie – tot dit begin taan

mooidinge

VEERLIG • Dis die jaar van die skuimpoeding. Die mousse- nagereg wat met elke hap op jou tong smelt, en met bestanddele soos sjokolade of die soet vrugte van die seisoen sê: Skep maar nog!

kosdinge

VARK OOR DIE KOLE • Geniet die lekker van varklende op twee maniere – brosgebraai...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans